top of page
Background.png

Betroubaarheid                   Goeie Pryse                     Persoonlikke Diens

Wie is DKP?

In 2024 het ek en my gesin na De Kijker Berg Plaas getrek en die stadslewe agter ons gelos. Aanvanklik was ons bekoor deur die fantastiese vars water uit ’n fontein in die berg agter ons huis — maar die werklikheid van instandhouding en pryse het vinnig ingeskop. Ons het begin soek na bekostigbare opsies vir die werk wat gedoen moes word, en as jy so hard werk aan iets wat jy self aanpak en deur voer, wil jy dit die eerste keer reg doen, so kwaliteit was baie belangrik.

So het DKP ontstaan — uit ’n behoefte aan betroubare produkte, regte pryse, en persoonlike diens. Ons kon dit nie kry nie, toe skep ons 'n oplossing.

DKP voorsien huiseienaars, boere en besighede in die Boland, Wynlande en Wes-Kaap met LDPE-, HDPE- en ’n volledige reeks toebehore. Ons is trots op wat ons doen en ons hart lê by elke kliënt wat self bou, installeer en groei.

Sien jou binnekort!

Copilot_20260323_180250.png

© 2035 by Site Name. Powered and secured by Wix

  • 1
  • 2
  • Whatsapp
  • Facebook
bottom of page